top of page

ONS GESKIEDENIS

Vivan Ingenieurs Werke het amptelik sy deure oopgemaak op die 1ste Julie 1983 deur Mnr Pieter Viviers en Mnr Willie Van Graan - Albei gekwalifiseerde draaiers en masjiniste.

 

Die naam Vivan is 'n samestelling van die twee eienaars se vanne.

Hulle het gevoel dat daar op Robertson en die omliggende omgewing 'n behoefte is aan 'n goeie Ingenieurs bedryf.

Mnr Van Graan het op 'n later stadium die alleeneienaar geword, en het tans meer as 40 jaar ondervinding in die bedryf.

Mnr Pieter Viviers (links) en Mnr Willie van Graan

2 September 1983

ONS DIENSTE

Vivan Ingenieurs konsentreer hoofsaaklik op masjienvervaardiging en die herstel van onderdele soos pompe en ratte.

Voorts doen ons sweiswerk, ontwerp en bou van spiesiaal doel masjiene op aanvraag asook opmaak en verskaf van hidroliese pype en toebehore. Vir 'n volle lys van dienste kliek hier.

Vivan Ingenieurs se diens aan die boerdery gemeenskap sluit in wynkelders, kaasfabrieke en die inmaak bedryf, asook omliggende Munisipaliteite.

bottom of page